Akasia Pools

Afrikaans: Gids: AlgiGrip

AlgiGrip-Gids vir optimale swembad gebruik

  1. Vergewis uself dat die swembadwater se pH tussen 7.0 - 7.2 is (geel kleur op toets stel aanwyser)
  2. Voeg AlgiGrip in die studam, terwyl die handvatsel op omseil (bypass) gestel is, sodat die AlgiGrip die swembad deur die invloei pyp(e) invloei en nie deur die filtersand gaan nie. Water sirkulasie kan nou nagegaan word.
  3. Stel sirkulasie reg indien nodig en indien moontlik.
  4. Om te help met vinnige verwydering van alge, voeg 4 koppies HTH, (vir 'n swembad van 40 000 ltr.) opgelos in water, in die studam. AlgiGrip en HTH is versoenbaar met mekaar en werk saam.
  5. Toets die volgende dag die pH, en verseker dat dit tussen 7.0 - 7.2 is. Indien nodig voeg soutsuur (swembadsuur)by.
  6. Moet nooit chloorkorrels direk in die swembad gooi nie, los dit eers op in water, aangesien die hoë pH (12) 'n chemiese wanbalans kan veroorsaak waar dit land en vlekke kan veroorsaak.
  7. Beheer die pH van die swembad water by pH 7.0 (geel) en voeg AlgiGrip by wanneer nodig (ongeveer elke 2 - 3 weke).
  8. Daar sal gevind word dat wanneer AlgiGrip reg en gereeld gebruik word, en die swembad water se pH so naby as moontlik aan 7.0 gehou word, chloor gebruik aansienlik verminder word (bv. tot 'n halwe koppie twee maal weekliks in die somer).
  9. Onthou dat hoe hoër die pH van die swembad water is, hoe meer oneffektief water behandelingsprodukte word, en hoe hoër die koste om die swembad te onderhou.
  10. As boorgatwater gebruik word, sal gevind word dat IronCrash die moontlikheid van vlekke op die swembad se oppervlaktes aansienlik sal verminder en selfs verdwyn.

Informasie uitgereik deur Riwil Chemicals Tegniese Afdeling