IronCrash-Gids vir optimale swembad gebruik
Verlaag die pH indien nodig. Gebruik 2 liter IronCrash vir 'n gemiddelde grootte swembad (bv.45 000 ltr.) wanneer daar yster voorkom in die swembad en aan die begin van elke somer seisoen.
Gooi inhoud van bottel in die studam terwyl die handvatsel van die meerdoelige klep op omseil (bypass) gestel is. Los so vir 6 ure. Draai handvatsel van die meerdoelige klep terug na filter. Doen terugspoel (backwash) na 24 ure. Om vlekke te voorkom in veselglas, viniel en geverfde swembaddens gebruik 2 liter IronCrash wanneer alkali-vlakke laag is. |