Akasia Pools

Afrikaans: Gids: Kontrole Klep

Gebruiksaanwysings vir meerdoelige kontrole klep

Die meerdoelige kontrole klep het ses verskillende verstellings.

Verstellings kloksgewys (regsom)

  1. Filter: As die handvatsel in die posisie geplaas word is dit vir normale filtrasie, dit is die klep se standaard posisie.
  2. Waste: In hierdie posisie gaan die water nie deur die filtersand nie. Hierdie posisie word gebruik as daar 'n groot hoeveelheid vuilgoed (stof, sand ens) uit die swembad gesuig moet word.
  3. Closed: (gesluit) Hierdie posisie word gebruik wanneer instandhoudingswerk aan die filter of pomp gedoen moet word, veral as die pomp laer as die watervlak geleë is. Moet nooit die swembadpomp aanskakel in die posisie.
  4. Backwash: (terug spoel) in hierdie posisie word die vloei van die water na die filter omgekeer en op die manier word die filtersand gereinig van vuilgoed en spoel die vuilgoed as afvalwater weg.
  5. Bypass: (omseil) in hierdie stand sal die water net sirkuleer sonder om deur die filtersand te gaan dus geen filtrasie vind plaas. dit is die stand wanneer chemikalieë ens. in die swembad bygevoeg word deur studam.
  6. Rinse: (spoel) Hierdie posisie word gebruik nadat die filter klaar terug gespoel is, om te verseker dat alle vuilgoed en vuil water uit die pype gespoel is, andersins sal daar 'n hoeveelheid vuil water in die swembad beland.

Hoe "terug gespoel" moet word

Hierdie taak moet minstens een maal per week gedoen word.

Onthou aseblief om elke keer die krag van die swembadmotor af te skakel voordat die handvatsel na 'n ander posisie gedraai word.

  1. Skakel die swembadmotor af en draai handvatsel na terugspoel (backwash) kyk in die sigglas, die water sal eers skoon, daarna vuil en daarna weer skoon vertoon, dit neem gewoonlik 2-3 minute elke slag. Skakel die krag van die motor af.
  2. Draai handvatsel na spoel (rinse) kyk in die sigglas. Spoel tot water weer skoon vertoon ± 30 sekondes. Skakel die krag van die motor af.
  3. As daar chemikalieë in die swembad gegooi moet word, draai handvatsel na omseil (bypass) andersins draai handvatsel na filter posisie en skakel motor weer aan. Ontspan, geniet jou swembad