Swembad Onderhoud
Ons spesialiseer veral op die weeklikse onderhoud van swembaddens.
Huidig onderhou ons ongeveer 50 swembaddens per week. Van hierdie swembaddens bedien ons al meer as 10 jaar.
Akasia Pools maak seker dat die balanse (ph en Ta) reg is of reg gestel word en doen dit op gereelde basis. Die beste produkte word gebruik om te verseker dat die swembad sprankelend mooi is en bly. Blare word weekliks afgeskep van die water , mandjes geledig , sodat u net kan terug sit en die swembad geniet.
Hierby doen ons ook die filtersand vervang wanneer dit nodig is , As daar probleme met die swembad se sand filter of pomp is sal ons u ook met die gepaste raad bedien , regmaak, vervang of wat ook die omstandighede vereis.
Die gebied wat ons bedien is Akasia , Pretoria Noord, gedeeltes van Montana en Mountain View. |