AlgiGripTM
AlgiGrip is spesiaal geformuleer om as 'n instandhoudingsproduk te werk. Gereelde gebruik beskerm die swembad teen alge en dra by tot 'n glansende skoon swembad. AlgiGrip moet saam met chlorine gebruik word.
AlgiGrip sal baie goed werk met die korrekte pH en met geskikte sirkulasie. Die pH moet beheer word tussen 7.0 tot 7.2 om die beste resultaat te kan kry. Onthou asb. dat hoe hoër die pH van die water, hoe meer chemikalieë moet bygevoeg word om dieselfde resultaat te verkry.
AlgiGrip teen 'n pH van 7.0-7.2 kan die hoeveelheid chloor wat benodig word aansienlik verminder

AlgiGrip-Gids vir optimale swembad gebruik.
- Vergewis uself dat die swembadwater se pH tussen 7.0 - 7.2 is (geel kleur op toets stel aanwyser)
- Voeg AlgiGrip in die studam, terwyl die handvatsel op omseil (bypass) gestel is, sodat die AlgiGrip die swembad deur die invloei pyp(e) invloei en nie deur die filtersand gaan nie. Water sirkulasie kan nou nagegaan word.
- Stel sirkulasie reg indien nodig en indien moontlik.
- Om te help met vinnige verwydering van alge, voeg 4 koppies HTH, (vir 'n swembad van 40 000 ltr.) opgelos in water, in die studam. AlgiGrip en HTH is versoenbaar met mekaar en werk saam.
- Toets die volgende dag die pH, en verseker dat dit tussen 7.0 - 7.2 is. Indien nodig voeg soutsuur (swembadsuur)by.
- Moet nooit chloorkorrels direk in die swembad gooi nie, los dit eers op in water, aangesien die hoë pH (12) 'n chemiese wanbalans kan veroorsaak waar dit land en vlekke kan veroorsaak.
- Beheer die pH van die swembad water by pH 7.0 (geel) en voeg AlgiGrip by wanneer nodig (ongeveer elke 2 - 3 weke).
- Daar sal gevind word dat wanneer AlgiGrip reg en gereeld gebruik word, en die swembad water se pH so naby as moontlik aan 7.0 gehou word, chloor gebruik aansienlik verminder word (bv. tot 'n halwe koppie twee maal weekliks in die somer).
- Onthou dat hoe hoër die pH van die swembad water is, hoe meer oneffektief water behandelingsprodukte word, en hoe hoër die koste om die swembad te onderhou.
- As boorgatwater gebruik word, sal gevind word dat IronCrash die moontlikheid van vlekke op die swembad se oppervlaktes aansienlik sal verminder en selfs verdwyn.
Informasie uitgereik deur Riwil Chemicals Tegniese Afdeling

Akasia Pools Spesialis AlgiGrip
AlgiGrip is spesiaal geformuleer om as 'n instandhoudingsproduk te werk. Gereelde gebruik beskerm die swembad teen alge en dra by tot 'n glansende skoon swembad. AlgiGrip moet saam met chlorine gebruik word.
Gebruiks aanwysings:
Die pH moet tussen 7.2 - 7.4 wees. Die TA "Totale alkaliniteit", in marbelite swembaddens 80 - 120 ppm. In veselglas, viniel en geverfde swembaddens tussen 125 - 150 ppm. Gooi ± 1 liter AlgiGrip direk in die studam met die meerdoelige klep op omseil (bypass) vir ± 30 min. Stel daarna terug na filter.
Die werkverrigting van AlgiGrip word verhoog met die gesamentlike gebruik van chloor. Die vlak van chloor moet 1.0 ppm wees.
Waarskuwings:
Hanteer met sorg. Was hande met water en seep na gebruik. Giftig as dit gedrink word. Moet nie gebruik word terwyl daar swemmers in die swembad is nie. Vermy kontak met oë. Die produk beheer nie bakterieë nie. Moet nie die produk naby kos stoor nie. Vernietig houer nadat die houer leeg gemaak is. Die houer mag vir geen ander doeleindes gebruik word nie. Moet nooit AlgiGrip saam met ander chemikalieë gebruik nie.
Noodhulp:
Vel kontak: Was met water en seep. As negatiewe simptome voorkom kry mediese advies.
Kontak met oë: Was met groot hoeveelhede water vir 20 minute en kry onmiddellik mediese advies.
Inname: Drink groot hoeveelhede melk, of eierwitte. As melk of eierwitte nie beskikbaar nie, drink baie water en soek hulp by 'n gifsentrum of kontak 'n dokter. Moet nie braking induseer nie. |