AlgiHaltTM
Swart alge
Poeier algesiede wat mineraal soute bevat sal nie swart alge verwyder nie. Alleenlik Q.A.C. produkte met die korrekte koolstofkettinglengte sal swart alge verwyder en die spore dood maak dit voorkom dat dit weer groei. Maak seker die pH is tussen 7.0 en 7.2.
AlgiHalt is een van die kragtigste en effektiefste swart alge verwyderaars op die mark.
AlgiHalt bevat 500g/ltr aktiewe bestanddeel en soos min ander produkte op die mark is dit veilig om te gebruik. Dit veroorsaak nie enige reaksies as dit op die vel kom nie. Natuurlik, soos ander soortgelyke produk het AlgiHalt 'n sterk skoonmaak middel wat die vel kan uitdroog as dit nie met water af gewas word nie. Skuim is deel van die produk en sal verdwyn soos die produk die oppervlaktes skoon maak. As die alge hardnekkig voorkom sal 'n tweede toediening van AlgiHalt benodig word.

Akasia Pools Spesialis AlgiHalt
AlgiHalt is spesiaal geformuleer om as 'n onderhoudsproduk te werk. Gereelde gebruik beskerm die swembad teen alge en onderhou 'n glansende skoon swembad. Gebruik saam met chloor.
Gebruiksaanwysings:
Vir 'n gemiddelde grootte swembad (40000 liter) meng 1 liter AlgiHalt met 5 liter water. Sprinkel in die water rondom die kante van die swembad met die pomp wat aangeskakel is. Moet nie swem vir 1 (een) uur. Wanneer alge verwyder is, voeg AlgiGrip soos aangewys om 'n skoon swembad en beheer van alge groei te verseker.
Waarskuwings:
Hanteer versigtig. Was hande met water en seep na gebruik. Konsentraat kan skadelik wees as ingesluk word. Voorkom kontak met oë. Die produk beheer nie bakterieë nie. Moet nie gebruik terwyl mense swem nie. Bêre weg van kos. Hou buite bereik van kinders.
Berg AlgiHalt op 'n veilige plek bo 10ºCelcius
Noodhulp:
Vel kontak: Was met water en seep. As negatiewe simptome ontwikkel kry mediese hulp.
Oog kontak: Was met lopende water vir 20 minute. Kry mediese hulp.
Inname: Drink groot hoeveelhede melk of eierwitte. As melk of eierwitte nie beskikbaar is nie kan water gedrink word. Soek hulp by 'n gifsentrum en/of kontak 'n dokter. Moet nie braking induseer nie.

|