Akasia Pools

Afrikaans: Produkte: IronCrash

IronCrashTM

Vlekke op swembad oppervlaktes word veroorsaak deur oormatigde mineraal byvoegings soos:

  1. Mineraalsoute in swembad water.
  2. Mineraalsoute in kraan en boorgatwater.

Die meeste van hierdie vlekke kan deur IronCrash verwyder word.

Algebeheermiddels verloor hul stabiliteit en begin om minder los te raak en daarom kan hulle vlekke los op die swembad oppervlaktes. Lees meer hieroor by AlgiHalt.

Onthou dat hoe langer die vlek daar sit hoe dieper trek die vlek in en sal dit moeiliker wees om die vlek uit te kry.

IronCrash

Akasia Pools Spesialis IronCrash

Gebruiksaanwysings:

Verlaag die pH indien nodig. Gebruik 2 liter IronCrash vir 'n gemiddelde grootte swembad (bv.45 000 ltr.) wanneer daar yster voorkom in die swembad en aan die begin van elke somer seisoen.

Gooi inhoud van bottel in die studam terwyl die handvatsel van die meerdoelige klep op omseil (bypass) gestel is. Los so vir 6 ure. Draai handvatsel van die meerdoelige klep terug na filter. Doen terugspoel (backwash) na 24 ure. Om vlekke te voorkom in veselglas, viniel en geverfde swembaddens gebruik 2 liter IronCrash wanneer alkali-vlakke laag is.

Moet nooit meer as die voorgeskrewe hoeveelheid gebruik nie. Geformuleer as 'n instandhoudingsproduk.

Waarskuwings:

Hanteer versigtig. Was hande met water en seep na gebruik. Konsentraat kan skadelik wees as ingesluk word. Voorkom kontak met oë. Die produk beheer nie bakterieë nie. Moet nie gebruik terwyl mense swem nie. Bêre weg van kos. Hou buite bereik van kinders.

Berg AlgiHalt op 'n veilige plek bo 10ºCelcius

Noodhulp:

Vel kontak: Was met water en seep. As negatiewe simptome ontwikkel kry mediese hulp.

Oog kontak: Was met lopende water vir 20 minute. Kry mediese hulp.

Inname: Drink groot hoeveelhede melk of eierwitte. As melk of eierwitte nie beskikbaar is nie kan water gedrink word. Soek hulp by 'n gifsentrum en/of kontak 'n dokter. Moet nie braking induseer nie.

IronCrash